Coetzee en van der Bergh Prokureurs vorm met trots deel van die Klein Karoo sedert 1983. Ons verteenwoordig 'n wye spektrum korporatiewe, sowel as individuele kliënte. Die ongelooflike groei van ons firma is as gevolg van 'n toegewyde begrip vir elke kliënt se probleme en die oplossing daarvan dmv ons insiggewende, logiese benaderings asook ons praktiese vaardighede. Ons lê verder klem op vinnige, effektiewe diens en elke kliënt is vir ons belangrik.
HOE...KAN...ONS...VAN...DIENS...WEES ? Coetzee en Van der Bergh voorsien ons kliënte in die volgende gespesiliseerde regsdienste:
• Aktes en Verbande • Hooggeregshof- & Landdroshof Litigasie • Strafhof Litigasie • Egskeidings • Invorderings • Testamente • Boedelberedding • Derdeparty Eise • Opstel van kontrakte • Boedelbeplanning • Familiereg • Onderhoud • Registrasie van Maatskappye • Registrasie van Trusts • Registrasie van BK's • Likwidasies